Rama I

Phra Buddha Yodfa Chulaloke
Maharaj
พระบาทสมเด็จพระพุทธยอดฟ้าจุฬาโลก
มหาราช
Koning van Siam

Ook bekend as Rama I
Bewind 6 April 1782 -
7 September 1809
Kroning 21 Junie 1782
Voorganger Monargie gestig
Taksin (as koning van die Thonburi-koninkryk)
Opvolger Rama II
Gade Amarindra
Kinders 42 by verskillende vroue, insluitende Rama II
Huis Chakri-dinastie
Vader Thongdi (later Somdet Phra Prathom Borom Maha Rajchanok)
Moeder Daoreung
Gebore (1737-03-20)20 Maart 1737,
Ayutthaya-koninkryk
Oorlede 7 September 1809 (op 72),
Groot Paleis, Bangkok, Siam
Godsdiens Boeddhisme

Phra Phutthayotfa Chulalok Maharaj (Thai: พระพุทธยอดฟ้าจุฬาโลกมหาราช, 20 Maart - 7 September 1809), met die persoonlike naam Thongduang (ทองด้วง), ook bekend as Rama I, was die stigter van die Rattanakosin-koninkryk en die eerste koning van die Chakri-dinastie van Siam (nou Thailand). Sy volle titel in Thai is Phra Bat Somdet Phra Paramoruracha Mahachakkriborommanat Phra Phutthayotfa Chulalok (พระบาทสมเด็จพระปรโมรุราชามหาจักรีบรมนารถ พระพุทธยอดฟ้าจุฬาโลก). Hy het die troon in 1782 bestyg ná die afsetting van koning Taksin van Thonburi. Hy word ook beskou as die stigter van Rattanakosin (nou Bangkok) as die nuwe hoofstad van die herenigde koninkryk.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search